GEORGE NUUSFLITS - Ruby Dreyer word sedert vanmiddag 12:00 vermis.
Volgens inligting was sy vanmiddag by Boardware in George en daarna kon haar familie nie weer met haar kontak maak nie.
Sy het 'n blou hemp, blou denimbroek en blou serp aangehad.
Indien enigiemand weet waar sy is, of haar dalk gesien het, skakel haar dogter Lindi by 071 566 2199.
Ruby woon op 'n kleinhoewe tussen Wilderness en Sedgefield.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'