TUINROETE NUUS - Wilma du Toit, die vrou van Oudtshoorn wat gister as vermis aangemeld is, se dogter Kiara du Toit, het pas laat weet dat haar ma gevind is.
Volgens haar is haar ma in Herold gevind en is sy tans by die polisiestasie.
"Ons is op pad om haar te gaan haal. Ons wil net aan almal baie dankie sê wat gehelp soek het. Ons waardeer dit baie."
Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’