GEORGE NUUS - Dit is 'n lieflike dag op die strand by Heroldsbaai.
Strandgangers span rustig uit terwyl 'n groep jongmanne volleyball speel.
Lewensredders hou die swemmers dop en van tyd tot tyd klink die skril geluid van hul waarskuwende fluitjies op. By die braaiplekke trek die rook en vul die geur van braaivleis die lug.
Die sekuriteitspan is ook op hul pos, met George wetstoepassing, George verkeer en sekuriteitsbeamptes wat die strand patrolleer.
Hulle doen bewusmaking rakende die veiligheids- en drankbywette wat by die munisipale strande geld, en dit lyk asof besoekers heel inskiklik hul besittings vir alkohol en ander nie-toelaatbare items laat deursoek.
'n Ontspanne vakansiegees heers.
Vrolike sonsambrele skep 'n vakansie-atmosfeer.
Raadslid Theresa Jeyi (agter in wit) braai saam met familie en vriende.
Dis lekker by die see. Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’