GEORGE NUUS - Die Tuiniqua-versorgingsentrum nooi alle belangstellendes uit na hulle ope dag op Woensdag 6 Augustus.
"Of jy nuuskierig is oor die sentrum, 'n geliefde dit oorweeg om in te trek, of bloot wil sien hoe die Tuiniqua-gemeenskap floreer - jy is welkom," sê Alani Voigt, the sentrumbestuurder.
Daar sal geleentheid wees om die toegewyde personeel van verskeie afdelings te ontmoet en meer te leer oor die dienste en sorg wat Tuiniqua bied.
Voigt sê dis ook die ideale geleentheid vir besoekers om vrae te vra en insig te kry oor die sentrum se werkswyse.
Die sentrum is in 1985 gestig en lewer dus al dienste aan die gemeenskap vir 40 jaar as 'n nie-winsgewende organisasie.
Hulle bied bekostigbare behuising en omvattende sorg aan bejaardes.
Dienste sluit in onafhanklike woonstelle, bystandwoonstelle en ’n toegewyde verswaktesorg-eenheid. "Dit verseker dat ons die nodige ondersteuning bied in elke fase van ouer persone se lewens," sê Voigt.
Die ope dag vind plaas van 09:00 tot 12:00.
Die sentrum is geleë te Kerkstraat 13. Kontak hulle by 044 874 5760 vir meer inligting.
Inwoners van Tuiniqua is altyd aan die woel en werskaf en met Entrepreneursdag kry hulle geleentheid om hul tuisgemaakte ware te verkoop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’