GEORGE NUUS - Tuiniqua-versorgingsentrum se spesiale Kersete op 5 Desember was 'n feestelike en onvergeetlike aand.
Gaste het die voorreg gehad om die bekende kunstenaar en sanger, Petronel Baard, te verwelkom wat die aand met haar ongelooflike talent en musiek verhelder het. Sy het 'n gratis vertoning vir Tuiniqua gelewer.
Dit was 'n aand gevul met vreugde, samesyn en kosbare oomblikke terwyl gaste die Kersseisoen gevier het.
Die sentrumbestuurder, Alani Voigt, het almal bedank wat bygedra het tot 'n heerlike aand.
"Ons waardeer almal wat dit ondersteun en bygewoon het, want dit het bygedra tot die insamel van broodnodige fondse wat 'n groot verskil gaan maak.
"Tuiniqua het wynskenkings van Jakkalsvlei en Feedem, die spyseniers, ontvang wat ook gesorg het vir die voorbereiding van die geurige maaltye.
"Jenny Botha van Wedding Boutique and Catering het gesorg vir die mooi versierde ingang en tafels, en Janet Dippenaar, bygestaan deur André Buitendag, het die tafelversierings gemaak.
"Tuiniqua se ondersteuningsdienste het 'n baie belangrike rol gespeel om te verseker dat alles glad verloop het," het Voigt gesê.
Petronel Baard maak musiek.
Gaste het gesellig gekruier.
Versierings in die gees van Kersfees.
Die tafels was keurig gedek.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’