Video
GEORGE NUUS - Talle mense het te midde van streng Covid-19 protokolle vanoggend (13 Februarie) by Plantasieweg 21 in Pacaltsdorp opgedaag om hul laaste eer aan wyle Urwin da Silva te betoon.
Da Silva het verlede Saterdagaand (6 Februarie) in 'n motorongeluk gesterf.
Lede van die Gwaiing Aksiegroep het wit ballonne ter nagedagtenis aan Da Silva losgelaat, en lede van die Pacaltsdorp Riding Club op perde het die lykswa begelei toe dit van Plantasieweg vertrek het.
Da Silva was baie by sport betrokke en heel gepas het verteenwoordigers van sportkodes 'n erewag vir hom gevorm. Huldeblyke is gelewer en een wat aanwesiges laat glimlag het was van pastoor Roger Daniels wat names die SA Legendes gepraat het. Hy het 'n staaltjie oor Da Silva se rugbydae gedeel. (Sien video hieronder).
Da Silva was op sy dag 'n kookwater flank en het onder meer in 1974 vir die destydse Proteas teen die Britse Leeus gespeel. Die span was een van die beste buitelandse spanne wat Suid-Afrika ooit besoek het.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'