GEORGE NUUS - Victoriabaai word eersdaags die nuutste toevoeging tot die jaarlikse liefdadigheidsbyeenkoms op Ysbeertjie se kalender.
Ysbeertjie, oorspronklik van die Vrystaat, hou vir die afgelope 29 jaar ysbeer-swembyeenkomste (polar plunges) in Ventersburg, Bloemfontein en Sutherland.
Op Saterdag 20 Julie, kom maak hy 'n draai in Victoriabaai.
Ysbeertjie poog om geld in te samel om strande meer rolstoelvriendelik te maak, en vir 'n R100 donasie, kry jy jou inskrywing met 'n medalje.
Enige en alle ander donasies van swemmers, toeskouers of plaaslike besighede sal vir dieselfde doel gebruik word.
Besighede wat graag wil adverteer deur 'n gazebo op te slaan kan 'n donasie van R200 maak.
Volgens die organiseerder, Felix Burri, sal 'n hommeltuig lugfoto's neem en video-opnames maak wat landwyd op die Ysbeerswem se sosiale media platforms versprei sal word, asook op hul landswye WhatsApp swemgroep.
Vir meer inligting, skakel vir Burri by 082 851 4584.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’