GEORGE NUUS - Vroue van die plaaslike beweging Team Strong Women het sowat 300 jeugdiges met hul omgeedag op Random Acts of Kindness Day, Sondag 17 Februarie, bereik.
Stigterslid en voorsitter van Team Strong Women, Linda Smit, het saam met verteenwoordigers van die departement van maatskaplike ontwikkeling 'n inligtingstalletjie in Borcherds, teen Nelson Mandela-boulevard, beman.
Volgens Smit is kinders so jonk as 11 jaar reeds seksueel aktief en loop hulle laatnag op straat rond en gebruik alkohol. Dwelmmisbruik is ook 'n groot probleem in die woonbuurte.
"Die probleem is, wanneer kinders deur ander verwerp word is dit die maats wat tik en drank gebruik wat hulle aanvaar, net soos hulle is. As jy die eerste keer tik gebruik is jy gehook," sê Smit.
Die span het ook bewusmaking geskep rondom MIV/Vigs, misdaadvoorkoming en raad gegee rondom die munisipale databasis vir werkloses.
Smit bedank haar man, Willem Smit, en George-munisipaliteit vir hul hulp en donasies. Sowat 180 mense is tydens die uitreikaksie van kos voorsien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’