GEORGE NUUS - Huis JJ Watson se volgende maandelikse verkoping vind plaas op Donderdag 29 Mei, tussen 08:00 en 12:00.
Die publiek word genooi om heerlike kerriemaalvleisvetkoeke te kom geniet teen R25.
Daar sal ook kaaskoek, pannekoek en kolwyntjies te koop wees.
Ontspan met 'n koppie koffie of tee in die teetuin en snuffel vir winskopies deur die tweedehandse klere, boeke (vir R5 of R10 per boek) en snuisterye.
Laetitia Dysel, die organiseerder van die verkoping, het 'n spesiale versoek gerig vir skenkings van klere en boeke asook vir die wit olifant-tafel. Skenkings kan by die donateurs opgetel word.
Huis JJ Watson is geleë op die hoek van Cradock- en Fitchatstraat, regoor die George-Suid NG kerk en JJ Watson-slaghuis.
Die maandelikse verkoping is 'n fondsinsamelingsprojek wat deur vrywilligers aangebied word om broodnodige fondse vir die tehuis in te samel. Deur dit te ondersteun, ondersteun jy die bejaarde inwoners van die tehuis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’