Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Jong musikante van Laerskool George-Suid het Dinsdagaand die voorreg gehad om saam met die orkes van Carpe Musicam! voor 'n vol gehoor op te tree.
Violiste, dwarsfluit- en blokfluitspelers, pianiste en koorsangers het die skoolsaal om die beurt gevul met klassieke note, begelei deur die orkes. Ouers het verbaas toegekyk hoe agt leerders Shubert se March Militare vir vier klaviere voorspeel en skoolhoof, Sas du Plessis, is verras met 'n verjaarsdagliedjie vir sy spesiale dag.
Dirigent Norman Carless het die aand meesterlik gelei met staaltjies van die kinders op 'n manier wat die jongelinge ekstra spesiaal laat voel. "Julle voete hoef nie die grond te raak om deel te wees van ons orkes nie," lui Carless se uitnodiging aan die leerders.
Carpe Musicam! is nou betrokke met musiekontwikkeling by dié laerskool en borg van die leerders se onderrig. Die skool en orkes het sowat twee jaar gelede hande gevat en dit is duidelik dat die jong musikante by hierdie vennootskap sal baat.
Carpe Musicam! se orkes en Laerskool George-Suid musiekleerders het 'n vol gehoor vermaak met 'n aand van klassieke musiek. Foto: Mariëtte Landman
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'