GEORGE NUUS - South African Water Warriors het verlede week begin met 'n nuwe insamelingsveldtog waarby skole betrek word.
Hierdie keer is dit nie spesifiek water wat hulle insamel nie, maar blikkieskos wat vir boere en hulle plaaswerkers in die droogtegeteisterde gebiede bestem is.
Die nuwe veldtog is gefokus op Namakwalandse dorpe wat erg onder die droogte gebukgaan: Aggeneys, Kammieskroon, Kleinzee, Kliprand en Springbok. Blikkieskos vir diere is ook welkom.
Volgens die plaaslike areakoördineerder van Water Warriors, Pieter du Plessis, het Laerskool Hoekwil hulle reeds bereidwillig verklaar om deel te wees van die nuwe veldtog, 'You CAN make a difference'.
Hierdie skool het onlangs amper 1 ton se gebottelde water bymekaargemaak wat onder boere in die Oudtshoorn-omgewing uitgedeel is. Du Plessis het hier vanuit Georgeal tonne skenkings van water, voer en kruideniersware vir boere in droogtegebiede gekoördineer.
Die hoof van Laerskool Hoekwil, Flippie Grobbelaar, het alle ander skole uitgedaag om ook hulle deel te doen.
Skole of individue of ander organisasies wat bydraes wil maak, kan Du Plessis bel by 076 844 6435.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'