GEORGE NUUSFLITS - Die liggame van 'n George-Suid egpaar is gisteraand omstreeks 21:00 in hul huis in Wentzelstraat gevind.
Albei het skietwonde aan hul kop gehad en 'n vuurwapen is ook op die toneel gevind.
Kaptein Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat 'n moorddossier en geregtelike doodsondersoek geopen is.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'