GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-predikanteforum het op Vrydag 15 Maart 'n tjek van R7 000 aan die Rosemoor-tehuis vir bejaardes oorhandig.
Die geld is ingesamel deur middel van kollektes tydens Pinksterweekdienste verlede jaar.
Elke jaar kies die forum 'n ander nie-winsgewende hulporganisasie aan wie hierdie kollektes oorhandig word.
Rosemoor-tehuis se finansiële beampte, Niven Papier, het gesê dis 'n baie welkome skenking. "Ons het 'n lang lys behoeftes waarvoor die fondse aangewend kan word.
"Ons is dankbaar om die predikante hier te kon hê en vir die wonderlike ondersteuning van die onderskeie gemeentes wat bygedra het. Ons voel werklik geëerd."
Mary Visagie, 'n lid van die predikante-forum, het gesê die gemeenskap het groot waardering vir die manier waarop die tehuis se personeel die bejaardes versorg.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’