GEORGE NUUS - Die Thembalethu-polisie ondersoek ‘n moord nadat ‘n onbekende man in die vroeë ure Maandag by George-hospitaal oorlede is.
Volgens die polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, is die polisie is omstreeks 00:10 na die hospitaal ontbied.
“Met hul aankoms het hulle die man met veelvuldige beserings aan sy kop en liggaam aangetref. Mediese personeel het die man op die toneel dood verklaar.”
Spies sê hul ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer vroeër die aand vanaf Zabalazastraat in Zone 6, Thembalethu, na die hospitaal vervoer is.
Dit is onduidelik of hy per ambulans of met privaat vervoer na die hospitaal gebring is.
Die oorledene is onbekend en die polisie vra dat enigiemand met inligting hulle kontak sou hulle iemand vermis.
Die ondersoekbeampte, sers. Thembelani Kima, doen ook ’n beroep op die publiek om hom te kontak by 079 894 1576 of Crime Stop te skakel by 08600 10111 met enige inligting wat die polisie kan help met die moordondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’