Update Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Die polisie het van die toneel in Bluegumstraat, Seaview, onttrek.
Dit volg na munisipale wetstoepassingsbeamptes vanoggend plakkershutte afgebreek het.
Dinge is nou heelwat rustiger en plakkers bespreek hul volgende stap. Van die mense is besig om hutte te herbou.
Sowat 18 hutte is steeds staande terwyl om en by 20 strukture afgebreek is.
EFF ondersteuners en enkele onwettige grondbesetters van New Dawn Park is ook in die omgewing om bystand aan die betrokke gesinne te verleen.
Die George Herald verneem 'n protesoptog word vir môre beplan, vanaf New Dawn Park tot by die vierrigtingverkeersligte in Beachweg, oorkant Delville Park.
Kyk 'n video hieronder.
Die polisie het van die toneel in Bluegumstraat, Seaview, onttrek.
Lees 'n vorige artikel: Moeggeploeg se hutte word afgebreek
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'