Gallery Update
GEORGE NUUS - Inwoners moet nie deur misdadigers gevangene gehou word nie en wetteloosheid op die pad kan nie meer geduld word nie.
Manne en vroue in blou het Dinsdag 13 Februarie met dié ingesteldheid die strate ingevaar en aan 'n gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasie in George en Knysna deelgeneem.
Operation Lockdown het Dinsdagoggend 05:00 by die Garden Route Mall, op die N2, in Pacaltsdorp, Thembalethu en die George-sakekern plaasgevind.
Daarna is dit in Knysna verder gevoer.
Volgens hoofverkeersbeampte, Quinton Williams, is daar tydens dié operasie, waarby talle plaaslike polisie en provinsiale en plaaslike verkeersbeamptes betrokke was, 431 voertuie afgetrek en R126 300 in verkeersboetes uitgereik.
Meeste daarvan was vir onpadwaardige voertuie en taxi's wat nie oor die nodige permitte beskik of aan vereistes voldoen nie.
'n Totaal van 17 voertuie is geskut, waaronder 14 in George was.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is agt mense tydens die operasie in hegtenis geneem.
Polisie- en verkeersbeamptes het Dinsdag gewys dat geen misdaad meer geduld sal word nie.
Vyf vir dagga, een vir openbare dronkenskap, een vir bedrog en een vir oproerigheid.
Sowat 2 352 mense is tydens die bewegende padblokkades deursoek.
Generaal-majoor Oswald Reddy, die George-gebiedsbevelvoerder, bedank al die rolspelers wat by die suksesse betrokke was vir hul toewyding.
Hy het ook beklemtoon dat dit slegs die eerste van vele gesamentlike operasies is wat oor die res van die jaar sal plaasvind.
"Só verseker ons dat die gemeenskap nie deur misdadigers gevange gehou word nie."
Polisielede deursoek 'n persoon wat verdag voorkom by die taxistaanplek in die middedorp.
* Our men and women in blue participated in a joint crime prevention operation in George and Knysna on Tuesday 13 February.
Operation Lockdown took place on Tuesday morning at 05:00 at the Garden Route Mall, on the N2, in Pacaltsdorp, Thembalethu and the George CBD after which it was continued in Knysna.
According to Chief Traffic Officer Quinton Williams, 431 vehicles were stopped and fines worth R126 300.00 were issued. A total of 17 vehicles were impounded.
Lees 'n vorige artikel: Crime prevention operation in CBD
ARTIKEL & FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'