KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Petronel Baard en haar orkes sal op Saterdag, 14 September, by Salty River Beerhouse op Klein-Brakrivier 'n nuwe produksie, In with the New, aanbied.
Dit vorm deel van Salty River se Sunset Sessions wat gereeld op Saterdae aangebied word.
Samestelling
In with the New is 'n samestelling van nuwe musiek met ou gunstelinge en 'n liedjie uit elke seisoen.
Dit volg ná die sukses van 'n Blom in Elke Vrou, 'n produksie waarvoor Baard en haar orkes bekend is.
Kaartjies vir die vertoning beloop R80 per persoon en besprekings moet by Chris (082 713 5082) gedoen word. Daar is heerlike pizza en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
In with the New val ook saam met Mosselbaai se Kunstemaand.
Suksesvol
'n Blom in Elke Vrou, is in 2023 suksesvol by die KKNK op Oudtshoorn en daarna by die Woordfees in Stellenbosch aangebied.
Dié produksie sal ook op 25 Oktober by The Showroom-teater op Prins Albert aangebied word.
Saamgespan
Daar sal ook met die Suid-Kaapse Vereniging vir Visuele Kunste (SKVVK) saamgespan word wanneer dié produksie op 15 November by die George-museum vertoon sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’