GEORGE NUUS - George Munisipaliteit en die Pacaltsdorp Leraarsforum het op Dinsdag 6 Desember 'n vergadering gehou om die forum se betrokkenheid by die George Liggiesfees vorentoe te bespreek aangesien die forum in die verlede die Pacaltsdorp Liggiesfees gereël het.
Volgens Edward Ganza, waarnemende direkteur: Korporatiewe Dienste, het die munisipaliteit die rol van die Pacaltsdorp Leraarsforum in die verlede met betrekking tot die Pacaltsdorp Liggiesfees erken en was bly om 'n wedersydse verstandhouding te bewerkstellig rakende die hou van 'n suksesvolle George Liggiesfees in Pacaltsdorp.
Albei partye het saamgestem om nou saam te werk om die huidige fees van Saterdag, 10 Desember 2022 en toekomstige feeste 'n sukses te maak wat die organisering en ondersteuning van die feeste betref.
Ganza het gesê die kommunikasiekanale tussen die munisipaliteit en die forum sal oop gehou word en maandelikse vergaderings sal tussen die belanghebbendes gehou word om enige kwessies wat mag op duik aan te spreek.
"Die forum sal 'n integrale deel wees van die geleentheid en die feestelikhede op die dag en die steun van al die belanghebbendes is bevestig."
Die fees word by die Kaptein Dikkop Amfiteater in Missionweg. Die hekke open om 14:00 wanneer daar 'n verskeidenheid vermaaklikhede vir kinders sal wees. Musiekoptredes begin om 17:00 en die burgemeester, Leon van Wyk, sal om skuins voor 20:00 praat net voordat die liggies aangeskakel word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'