GEORGE NUUS - Geen politieke party gaan 'n volstrekte meerderheid in die verkiesing kry nie en daar gaan koalisies wees. Dit was die boodskap van Derick Petersen, streekleier van die PA in die Tuinroete, toe hy Vrydag 24 Mei aanwesiges toegespreek het by Business Café se gespreksreeks, Every vote counts.
Dit was die laaste in die reeks voor die verkiesing wat op 29 Mei plaasgevind het.
Van die kleiner politieke partye, wat sogenaamde koning- makers kan wees as geen party 'n volstrekte meerderheid behaal nie, is die afgelope paar weke geleentheid gegee om hul saak te stel.
Petersen het gesê daar gaan 'n verrassing in die uitslag wees.
Hy het benadruk die PA sal bereid wees om met enigiemand oor 'n koalisie te praat. Daar is egter voorwaardes. Dit sluit in dat 1 000 bruin polisielede, bruin bewaarders en verpleegsters wat die afgelope 20 jaar nie bevorder is nie, bevorder word. As dit nie gebeur nie, stel die PA nie belang in 'n koalisie nie.
Hy het voorspel dat geen party in die Wes-Kaap en nasionaal 'n volstrekte meerderheid gaan kry nie. Die PA gaan die koningmaker wees in die Noord-Kaap, die Wes-Kaap en nasionaal.
Hy glo die PA gaan dubbelsyfer steun in die Wes-Kaap kry.
Die PA verkies om met die DA saam te werk en dit het al in die verlede gebeur, maar dis "onmoontlik" om met Helen Zille van die party saam te werk.
Na die verkiesing sal die DA na die PA kom. "Ons sal dan alles onthou wat hulle oor Gayton (McKenzie, die PA-leier) gesê het."
Wit mense kan nie meer blameer word vir die sonde van die verlede nie. Dit moet nou ophou en mense moet hul eie merk maak. Die PA se kandidatelys is inklusief. In die diversiteit dryf die party ook die bruin agenda.
Die PA wil 'n eerlike verkiesing hê. Die party sal die uitkoms aanvaar, maar die verkiesing moet eerlik wees.
Petersen het lof gehad vir McKenzie. Hy het gesê bruin mense soek 'n leier. Die laaste bruin leiers was prof. Jakes Gerwel, Trevor Manuel en Alan Boesak. Die laaste 15 jaar is bruin mense sonder 'n leier. Hy het gesê, God het Gayton in die tronk voorberei. Hy was 'n Josef wat in die tronk gewerk het.
McKenzie het al boeke geskryf. Sy boekverkope is beter as Deon Meyer s'n.
Wayne Robertson, streeksekretaris van die PA in die Tuinroete, het gesê die party wil die doodstraf terugbring vir byvoorbeeld mense wat moor.
Die PA wil ook 'n militêre diens-
pligstelsel instel van 'n jaar vir skoolverlaters. Dit sal help om dissipline te vestig en ook mense in staat stel om vaardighede aan te leer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’