GEORGE NUUS - Dr. Nico Venter is aangestel as die nuwe hoof van Laerskool Outeniqua. Venter was die afgelope vyf jaar adjunkhoof by Hoërskool Hexvallei waar hy die laerskool-afdeling bestuur het.
Hy het gereeld verskeie internasionale en nasionale onderwyskonferensies en seminare bygewoon en as spreker opgetree en is steeds betrokke by navorsing.
Hy het verskeie projekte ontwerp en ontwikkel om effektiewe onderrig en leer te bevorder en beskik oor 'n uitgebreide kennis van pedagogiek, die skep van vennootskappe tussen ouers en die skool in leer en onderrig, asook die gebruik van tegnologie as hulpbron in onderrig en leer.
Laerskool Outeniqua verwelkom dr. Venter, sy vrou Diane, en hul drie kinders by die Outeniqua-familie en glo hulle sal baie gelukkig by die skool wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'