GEORGE NUUS - Kinders van 10 tot 14 jaar wat in Hoekwil en Touwsranten woonagtig is, word genooi na oudisies vir 'n jeugkoor wat tussen 14 en 22 April gehou word.
Die Hoekwil-jeugkoor is 'n inisiatief van die bekende kunstenaar Ian Visser van Hoekwil om kuns en kultuur in die plaaslike gemeenskap te bevorder.
'n Opgewonde Visser sê hy het die samewerking van twee ywerige plaaslike dirigente, Elrine Lottino en Shamon.
Hulle wil graag kinders van Hoekwil Primêr, Touwsranten en ook kinders wat tuisonderrig ontvang, betrek.
"My droom is om kinders aan kultuurplatvorms bloot te stel. Koorlede sal kan uitsien na optredes by die Tuinroete Eisteddfod en die Dotsure George Kunsteteater, en om die verhoog te deel met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars," sê Visser.
Belangstellende kinders kan 'n whatsapp stuur na 082 331 7112 met die volgende inligting:
• Ouer se naam en van
• Ouer se e-posadres
• Kind se naam en van
• Kind se ouderdom
• Datum wat verkies word vir die oudisie.
Die oudisiedatums is 19, 21 en 22 April.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'