GEORGE NUUS - Die Green Gardens Foundation (GGF) van Syferfontein het onlangs bymekaargekom om die gemeenskap oor gesonde eetgewoontes en samewerking touwys te maak.
Hulle het ook hul produkte vir die mark ingeweeg om te verkoop en 'n inkomste vir die organisasie te skep.
Die organisasie is in 2011 deur vyf huishoudings, wat 'n behoefte in die Syferfontein-gemeenskap opgemerk het, gestig.
In 2019 is die GGF as organisasie sonder winsoogmerk geregistreer, en hy huur tans 'n 20,5 ha stuk grond in Syferfontein van die George-munisipaliteit.
Hulle ondersteun tans ses vroeëkinder-ontwikkelingsentrums in Rosedale, Reigerpark en Syferfontein, sowel as 'n ouetehuis in Pacaltsdorp.
Daarbenewens bedryf hulle op Woensdae 'n sopkombuis vir pasiënte by die Pacaltsdorp-kliniek.
"Ons visie is 'n gesonde, hongervrye en veilige gemeenskap. Ons doel is om voedsame kos te bevorder en mense te laat groei deur werksgeleenthede te verskaf," verduidelik GGF se Ancheleen Terblanche.
'n Waatlemoen word geweeg om by die mark te verkoop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’