Update
GEORGE NUUS - Ongelukkige inwoners van New Dawn Park is op pad na die George-munisipaliteit.
Die inwoners is woedend omdat George-burgemeester Melvin Naik, nie vanoggend vir 'n vergadering opgedaag het nie.
Die bestuur van die gemeenskap se sake was onder die indruk dat hy die mense gaan kom inlig oor moontlike planne vir die area se behuisingstekort.
George verkeershoof, Donovan Saptoe het aan 'n amptenaar van beskermingsdienste verduidelik dat dit die beste idee sal wees as 'n klein groepie deurgeneem word om met munisipale afgevaardiges te gesels.
Donovan Saptoe (middel).
Die publieke orde polisie in New Dawn Park vanmiddag.
Lees 'n vorige artikel: Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'