GEORGE NUUS - AfriForum se George-tak nooi almal, insluitende die jeug, uit na 'n onbytgesprek saam met adv. Gerrie Nel op Saterdag 30 Maart om 09:00 by Tramonto.
Die gesprek sal gevolg word deur 'n vraag-en-antwoordsessie saam met AfriForum se regs- en risikobestuurder, Marnus Kamfer.
Die tema van die oggend volg op die toenemende geweldsmisdaad en aanvalle op plase in die George-omgewing.
Besprekingspunte sluit in die polisie se verpligtinge, selfverdediging, kwessies rondom vuurwapens en beskikbare hulp wat aangebied word indien ondersoeke sloer.
Tussen 13:00 en 14:00 bied AfriForum Jeug 'n vraag-en-antwoordsessie saam met Kamfer aan. Hier word die jeug van George, asook ander belangstellendes genooi na 'n interaktiewe sessie waar vrae oor onder andere selfverdediging en wapenwetgewing, bespreek gaan word.
Later die middag, tussen 16:00 en 18:00, nooi hulle alle buurtwaglede, patrolleerders en ander belangstellendes uit om deel te neem aan 'n interaktiewe gesprek wat handel oor die regsaspekte van buurtwagte.
Prop tree die middag saam met Steve Hofmeyr op.
Om 18:30 is Steve Hofmeyr en Prop aan die beurt tydens 'n opelugkonsert. Hekke open om 17:00.
Kos- en koeldrank-stalletjies sal beskikbaar wees, maar bring jou kampstoel saam.
Kaartjies vir die ontbyt en die opelugkonsert kan hier bespreek word.
Steve Hofmeyr tree op Saterdag 30 Maart tydens 'n AfriForum-inligtingsdag by Tramonto op.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’