GEORGE NUUS - ‘n Man is dood en een ernstig beseer tydens ‘n ongeluk vanmiddag omstreeks 14:30 op die N2, naby die Pacaltsdorp-afdraai.
Die bestuurder van die wit Isuzu-bakkie wat in die ongeluk betrokke was, het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor. Hy is in die ongeluk oorlede.
Die bakkie het sement en bakstene vervoer, en was onderweg vanaf Pacaltsdorp na Heroldsbaai. Geen ander voertuig was betrokke nie.
Die passasier van die bakkie, ook ‘n man, is met ernstige beserings na George-hospitaal geneem. ER-24 ambulansdiens was op die toneel.
Volgens inligting het die bakkie gerol en op die eiland tussen die verskillende bane op die N2 te lande gekom. Beide die passasier en die oorledene is met kake-van-die-lewe uit die voertuig verwyder.
Die identiteit van die oorlede word op hierdie stadium weerhou. Volgens prosedure word naasbestaandes eers oor die dood van hul geliefde ingelig.
Die identiteit van die oorlede word op hierdie stadium weerhou.
Beide die passasier en die oorledene is met kake-van-die-lewe uit die voertuig verwyder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’