TUINROETE | KAROO NUUS - Vyftien leerders van Hoër Landbouskool Oakdale het op Saterdag 30 Oktober aan die WP-jeugskou in Clanwilliam (Augsburg Gim) deelgeneem.
Hulle het in die klasse vleis- en wolskaap, vleis- en melkbees asook angorabok deelgeneem.
Dit was die laaste byeenkoms van die seisoen.
Fanus Fourie, Jeugskou-organiseerder (middel agter), saam met die Oakdale-span wat in Clanwilliam gaan deelneem het.
Voor, van links is Josha van der Poll (melkbees sr: 2de), Dirk Duits (melkbees sr: 1ste), Tiardt Botes (vleisskaap sr: 1ste), Henco Lategan (Angoras sr: 1ste) en Pieter Steyn (vleisskaap jr: 2de). Agter: Handré Gerber (vleisbees jr: 1ste), Theo Nel (vleisbees sr: 1ste), Margerinus Odendaal (vleisskaap sr: 2de) en Wian Stiglingh (vleisbees jr: 4de). Afwesig: Andreas Muller, Wian van der Merwe en Otto van Eeden.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'