GEORGE NUUS - Mej. Planeet Internasionaal Monique Best, gaan op 31 Augustus deel wees van ‘n damesoggend saam met Sonja Heroldt.
Die geleentheid dien ook as fondsinsameling vir die Tuinroete DBV.
Hier gaan Best bietjie gesels oor vrouemaand en ook oor haar passie vir die omgewing. Dit word gehou by die Protea Hotel King George.
Vir kaartjies kontak Riaan Brits by 044 873 4009.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'