GEORGE NUUS - 'n Man (21) is laat Dinsdagnag, 4 Februarie, in verband met 'n noodlottige aanval in Beachweg, Pacaltsdorp, in hegtenis geneem.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, kapt. Malcolm Pojie, is getuieverklarings bekom waarna die verdagte by sy huis in Pacaltsdorp in hegtenis geneem is.
Hy verskyn vandag, Donderdag 5 Februarie, in die George-landdroshof.
Die slagoffer, Shaun Syfers (35) is Sondagoggend, 26 Januarie omstreeks 01:30 met 'n paal in Beachweg aangerand.
"Hy deur verbygangers gevind waarna nooddienste geskakel is.
"Hy het ongelukkig verlede, Saterdag 1 Februarie, in die hospitaal aan sy wonde beswyk," sê Pojie.
Pogings deur die George Herald om Syfers se familie te kontak was onsuksesvol.
Pojie vra dat enigiemand met inligting rondom die voorval na vore kom. Inligting sal vertroulik hanteer word.
Enigiemand met inligting kan konst. E Deyce by 044 803 9132 of 060 425 1155 skakel.
IN SHORT
Pacaltsdorp police have opened a murder docket after a 35-year-old man, Shaun Syfers, who had been assaulted with a pole, died in hospital last week. According to Southern Cape police spokesman Capt Malcolm Pojie, Syfers was assaulted in Beach Road, Pacaltsdorp, around 01:30 on Sunday 26 January. A 21-year-old suspect was arrested late on Tuesday evening and will appear in court later today.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'