GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Francois Rocher (27) het Maandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog.
Dit volg ná sy arrestasie in George, op Vrydag, 27 September.
Rocher word daarvan aangekla dat hy na bewering by gastehuise bly sonder op die volle fooi vir sy verblyf te betaal.
Daar is tans twee aanklagte teen hom, maar nog kan bygevoeg word.
Hy bly steeds in aanhouding tot sy volgende hofverskyning vir borg op Vrydag, 4 Oktober.
Sou enige gastehuise in die Tuinroete soortgelyke voorvalle hê om aan te meld, kan hulle vir Sersant Wesley Louw (079 893 9943) kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’