GEORGE NUUS - 'n Man is in 'n ernstige toestand na die hospitaal vervoer nadat hy vanmiddag na bewering kragkabels by 'n substasie in Beukesstraat, Europe wou steel.
'n Inwoner het op die toneel aan die agterkant van Pacaltsdorp afgekom en die polisie en nooddienste gekontak.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê hulle stel ondersoek in.
Hy het gevra dat persone met inligting oor die voorval en die betrokkenheid van nog persone, die Pacaltsdorp-polisie kontak by 044 803 9100.
Persone met inligting kan met ao. William van Scalkwyk praat.
'n Man is in 'n ernstige toestand na die hospitaal vervoer nadat hy vanmiddag na bewering kragkabels wou steel.
Enige iemand met inligting kan die Pacaltsdorp-polisie kontak by 044 803 9100.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'