GEORGE NUUS - Een persoon is Donderdagaand, 1 Oktober, ernstig beseer tydens 'n motorongeluk in Missionstraat voor die lisensiekantore in Pacaltsdorp.
Volgens aanvanklike inligting het 'n wit Volkswagen Polo omstreeks 22:30 met 'n aankomende silwer Toyota Tazz gebots. Die bestuurder van die Tazz het ernstige beserings opgedoen en is deur ER24-paramedici na die George-hospitaal geneem. Hy word glo steeds in die hospitaal se noodeenheid vir sy beserings behandel word.
Die passasier in die Tazz en die bestuurder van die Polo het albei slegs ligte beserings opgedoen.
'n Navraag rakende die voorval is Maandagoggend reeds aan Pacaltsdorp-polisie gestuur, maar teen druktyd was daar geen terugvoer ontvang nie.
Die bestuurder van die Volkswagen het slegs ligte beserings opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'