GEORGE NUURS - Alle belangstellendes word na Huis JJ Watson se volgende maandelikse verkoping genooi wat op Donderdag 28 Augustus van 08:00 tot 12:00 plaasvind.
Hamburgers (R35), pannekoek (R8) en koffie en tee sal te koop wees wat in die teetuin geniet kan word.
Besoekers kan snuffel vir winskopies onder ’n groot voorraad tweedehandse klere en boeke.
Skenkings van klere, boeke en items vir die witolifanttafel word altyd verwelkom.
Donasies kan by die skenkers opgelaai word. Kontak Laetitia Dysel by 066 186 5849 vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’