Update
GEORGE NUUS - Pacaltsdorp-polisie is op soek na 'n verdagte(s) nadat 'n man (30) se liggaam in die erf van 'n verlate Hop-huis in Aaronsingel, New Dawn Park, gevind is.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is Gershwin Mintoor se liggaam omstreeks 06:00 Saterdagoggend, 6 Februarie, gevind.
"Mintoor se liggaam is met veelvuldige steekwonde gevind. 'n Lykskouing het later bevestig dat hy dood is weens die omvang van sy beserings. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
"Ons doen dus 'n beroep op die publiek om inligting te verskaf wat die ondersoekbeampte kan help om die verdagte(s) vas te trek," het Pojie gesê.
Die ondersoekbeampte, ao. Abraham Bantam, kan bereik word by die speurdertak van Pacaltsdorp by 044 803 9130 of Crime Stop by 08600 10111.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Vorige artikel: Body found in abandoned house
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'