STREEKSNUUS - Die sperdatum vir inskrywings vir die Prins Albert-leesfees se skryfkompetisie is met een week verleng tot 31 Julie. Skrywers en digters wat nog nie voorheen hulle eie bundels gepubliseer het nie kan inskryf en die kans staan om te deel in R6 000 se pryse geborg deur Cordis Trust.
Die leesfees is vanaf 30 Augustus tot 1 September, en vind by die ikoniese The Showroom-teater plaas.
Reëls vir skryfkompetisie:
• Inskrywings word beperk tot inwoners van die volgende dorpe se munisipale grense: George, Mosselbaai, Oudtshoorn, De Rust, Klaarstroom, Beaufort-Wes, Leeu Gamka, Prins Albert, Laingsburg en Merweville.
• Ouderdomsgroepe: Jeug: 14 tot 18, en volwassenes: 19 en ouer
• Daar is geen voorgeskrewe tema nie.
• Lengtebeperking: Gedigte maksimum van 40 reëls. Kortverhale maksimum van 1 500 woorde. Slegs een inskrywing per kategorie
• Geen werk wat reeds aan ander kompetisies gestuur is of op enige ander platform verskyn het mag voorgelê word nie en moet die skrywer se oorspronklike werk wees.
• Inskrywings in Word-formaat, Times New Roman 12pt met dubbelspasiëring.
• Die inskrywing moet slegs die titel op die titelblad bevat. Die skrywer/digter se besonderhede moet op 'n aparte Word-dokument aangeheg word.
• Inskrywings is oop slegs vir skrywers en digters wat nog nie 'n eie bundel of boek gepubliseer het in die genre waarvoor ingeskryf word nie.
• Inskrywings per e-pos aan visserh2@gmail.com.
• Sluitingsdatum is 31 Julie 2024 om middernag.
Vir enige navrae skakel Hannes Visser by 083 467 1522.
Afdelings:
Poësie:
• Afrikaans of Engels met 'n maksimum lengte van 40 reëls
• Geen voorgeskrewe onderwerp
• Slegs een inskrywing per deelnemer
Prosa:
• Afrikaanse of Engelse kortverhale met 'n maksimum lengte van 1 500 woorde
• Geen voorgeskrewe tema nie
• Slegs een inskrywing per deelnemer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’