GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Elfjarige seun van Groot-Brakrivier het inwoners aan die praat oor sy pragtige kunswerke.
Dié leerder van Groot Brak Primêre skool, Keano-Lee van Wyngaardt, verf en teken graag landskappe en kry sy inspirasie uit die natuur en die omgewing waarin hy woon.
Keano-Lee gebruik graag oliepastelle en akrielverf.
Van sy mees onlangse werke sluit in 'n man wat op 'n donkiekar ry en 'n pad wat tussen wonings na berge lei.
Sy kunsboek het die een na die ander uitsonderlike mooi natuurprente wat hy geverf en geteken het.
Keano-Lee is van kleins af lief vir skilder.
Een van Keano-Lee se mees onlangse werke.
‘n Inwoner van Groot-Brakrivier, Granville van Wyk het Keano-Lee se potensiaal vroeg raakgesien en ondersteun hom, soos die res van Keano-Lee se familie.
Keano-Lee se ma, Arlene is ewe trots op haar seun. Wanneer hy nie buite saam met sy maats speel, of op die skoolbanke sit nie, sit Keano-Lee voor skoon bladsye wat hy in kunswerke verander.
Granville gee graag raad en is ewe trots op Keano-Lee se werk.
"Miskien word hy nog 'n bekende kunstenaar, wie weet?"
Hierdie man wat op 'n donkiekar ry is een van Keano-Lee se gunsteling werke.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'