GEORGE NUUS - Die Tuiniqua-versorgingsentrum hou komende Saterdag, 23 Augustus, ’n verskeidenheidskonsert van 14:30 tot 15:45 in die sentrum se Bennie Meiring-saal en nooi die publiek om in die pret te kom deel.
Die konsert vorm deel van die vieringe van die sentrum se 40-jarige bestaansjaar.
Dit beloof om ’n heerlike viering van die talent en kreatiwiteit van inwoners te wees met komedie, koor, stories en solosang-optredes.
Daar sal ook ’n opvoering wees van die Dinner for one-skets deur inwoners saam met ’n groep van die George-kunsteteater.
Toegang is gratis, maar donasies ten bate van 'n nuwe interkomstelsel is welkom.
Op Sondag 24 Augustus van 09:00 tot 10:00 word ’n lofsangdiens by die NG Moederkerk gehou waar koorsang begelei word deur Priscilla Lesch op klavier.
Die publiek word hartlik genooi om die geleenthede by te woon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’