GEORGE NUUS - Kinderdag vieringe het afgeskop met 'n toutrekkery by die ou Klipkerk in Pacaltsdorp.
Die Congregational Kerk se Sondagskool bied die dag aan.
Annelize Richards, een van die sondagskool personeel, se dis die eerste keer dat hulle die vieringe plaaslik aanbied.
“Gewoonlik doen ons dit in die streek, maar dan het ons nie baie kinders wat dit bywoon nie. “
Die kinders is ook selfverdedigingstegnieke gewys as deel van die teen-boelie praatjie. Angelo Prins is die instrukteur wat die aanbieding gedoen het.
Angelo Prins wys 'n paar tegnieke wat die jeug in 'n situasie met 'n boelie kan help.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'