GEORGE NUUS - Anna Windefield is tans in 'n hospitaal in Port Elizabeth.
Sy het aan hospitaalpersoneel gesê dat sy van Blanco is, maar sy kan nie meer as dit onthou nie.
Sy het alleen op 3 Augustus by die hospitaal opgedaag en is baie vaag oor haar agtergrond.
Volgens die maatskaplike werker Cora Bekker, is hulle nie seker of die naam wat sy gegee het haar regte naam is nie.
Indien enigiemand haar herken, word hulle gevra om vir Bekker by 084 645 4550 of 041 4064 272 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'