Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Meer as 90 leerlinge van 15 verskillende skole in die Eden Karoo streek is saamgetrek vandag, Saterday 30 Julie, by Hoërskool Outeniqua.
Hulle neem deel aan die Eden Karoo Eskom Ekspo vir Jong wetenskaplikes.
Dit is vooraf gegaan deur werkswinkels in die distrik. Vandag is die finale streekskompetisie.
Die projekte wissel oor 'n wye verskeidenheid terreine. Dit behels innoverende voorstelle en oplossings op die terreine van byvoorbeeld van siviele ingenieurswese tot grondwetenskap.
FOTOGALERY: Eskom Ekspo vir Jong wetenskaplikes
Deelnemers se ouderdomme wissel tussen 11 tot 18 jaar. Volgens Leana Robinson, streeksdirekteur van die geleentheid, is daar inskrywings van uitstekende gehalte.
VIDEO: Jeug se planne om uitdagings aan te spreek
VIDEO: Jong wetenskaplikes se planne
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'