TUINROETE | KAROO NUUS - Vir die skoolhoof van Hoër Landbouskool Oakdale, André Latsky, was sy laaste verjaarsdag op 20 Oktober saam met die Bulle onvergeetlik en baie spesiaal.
Tydens die geleentheid is hy vroeg by die skoolhoofwoning opgelaai deur die skool se eie perdekar wat dateer uit die vyftigerjare.
'n Erewag van blou baadjies in die akkerlaning het hom begroet waarna hy voor 'n stampvol pawiljoen van trotse Oakdalers afgelaai is. Gelukwensing deur 2021 se hoofseun, Paul de Villiers en Oakdale's Call wat leerders uit volle bors sing, was deel van die verrigtinge.
Die hoogtepunt was egter toe sy geskenk namens die skool aan hom oorhandig is. 'n Portret, geskilder deur Tristen Hunter Strydom, 'n gr. 9-leerder in die skool.
Voorwaar 'n versinnebeelding van die ongelooflike respek, verering en waardering wat elke Oakdaler wat die afgelope 25 jaar onder sy hoofskap skoolgegaan het, koester.
Philippus Kleinhans, 'n oudskolier van Oakdale, saam met André Latksy op die Oakdale-perdekar.
Paul de Villiers, hoofseun 2021, wens Mnr. Latsky geluk met sy verjaarsdag.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'