GEORGE NUUS - South African Water Warriors reik uit na Kenhardt op 8 Februarie en benodig weer die publiek, besighede en vervoermaatskappye se ondersteuning met finansies, voer, kruidenierware, water en vervoer.
"Daar is 166 boere en in totaal 859 mense wat die boere, werkers en hul gesinne insluit. Absoluut alles wat ons kry en doen word absoluut gratis aan die boere en plaaswerkers gegee.
"Ons waardeer die publiek se hulp en vrygewigheid tot op hede. Sonder hulle kan ons nie hierdie mense help nie. Ons doen 'n beroep op mense om asseblief hul harte oop te maak," sê Pieter du Plessis, die plaaslike koördineer van die Water Warriors.
Die organisasie is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie met vyf lede wat sorg vir deursigtigheid en hulle reik 18A-belastingsertifikate uit.
"Die publiek is welkom om as vrywilligers by ons konvooi aan te sluit en eerstehandse ervaring te kry wat in die droogtegebiede aangaan," sê Du Plessis.
Persone wat wil help of donasies gee, kan hom bel by 076 844 6435.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'