Video
Al die strande is oop vandag en mense kan dus weer swem by Heroldsbaai.
GEORGE NUUS EN VIDEO - Brent van Wyk van George sal sy eerste vlug met sy nuwe hommeltuig nooit vergeet nie.Hy het laat Saterdagmiddag 6 Januarie by Heroldsbaai aangekom.
Onlangs het hy 'n hommeltuig gekoop en hy wou dit net 'n bietjie beter leer ken.
Met sy aankoms het dit hom opgeval dat niemand swem nie.
Een van die lewensredders het verduidelik daar is haaie in die water.
Hy het by die getypoel aan die oostekant gestaan.Brent het sy hommeltuig nader getrek en uit die lug kon die haaie duidelik gesien word.
"Ek het nie geskrik toe ek die haaie sien," het hy vanoggend 7 Januarie gesê. "Ek was meer opgewonde.Ek is 'n see-mens."Hy het al voorheen haaie uit 'n boot in die see by Mosselbaai gesien.
Volgens hom is hy nie presies seker hoe naby die haaie aan die strand was nie. Hulle was net agter die laaste branders.
Video: Brent van Wyk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’