GEORGE NUUS - Anneline Swati, hoof van Klipdrift Crèche, het 'n verskriklike skok gekry toe sy verlede Maandag, 19 Mei, die skool oopsluit en sien alles binne haar kleuterskool is pikswart.
Die kleuterskool is langs Laerskool Klipdrift op Martin Truter se plaas, tussen George en Herold geleë. Sewentien kinders van die nabygeleë plaasgemeenskappe word by die kleuterskool geakkommodeer.
Swaar weerlig Sondagaand, 18 Mei, het waarskynlik 'n kortsluiting en 'n elektriese brand veroorsaak. Alles wat in die kleuterskool was, is vernietig. Dit sluit in matrasse, opvoedkundige speelgoed en skryfbehoeftes.
Die kleuterskool is al 27 jaar aan die gang. Die kinders se ouderdomme wissel van 3 tot 5 jaar, en Swati het ses gr. R-leerders in haar klas gehad.
Die kinders is tans tuis, want die kleuter-skool moet skoongemaak word en die kragtoevoer moet herstel word. Dit gaan geld kos om 'n elektrisiën te betaal vir 'n brandverslag, en om die skade te herstel. "Die kinders se ouers betaal maar R30 per maand vir skoolgeld, hier is nie geld hiervoor nie," het Swati gesê.
Vir enige hulp of donasies, kontak Anneline Swati by 073 349 4841.
Die kleuterskool is al 27 jaar aan die gang. Die kinders is tans tuis, want die kleuterskool moet skoongemaak en die kragtoevoer herstel word.
Die kinders is tans tuis, want die kleuterskool moet skoongemaak en die kragtoevoer herstel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’