Ofskoon Morné Lakay, ‘n bestuurslid van GO GEORGE, antwoorde vir vandag beloof het, is dit onwaarskynlik dat ‘n vergadering vandag kan plaasvind. James Robb is tans in Kaapstad, en van die ander rolspelers soos Naik en Lindsay Mooiman van siviele ingenieurswese is ook nie vandag beskikbaar nie.
