GEORGE NUUS - Die Byron-gesin van Laingstraat in George-Suid het byna al hul besittings verloor toe hulle huis Maandagoggend, 24 Oktober, deur vlamme verswelg is.
Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog onbekend.
Wayne Byron (46), was by sy werk in Wilderness, toe die brand omstreeks 09:30 by sy huis uitgebreek het. Sy vrou, Gaby (46) en hul jongste seun, Michael (12) was tuis en hul oudste seun, Alexander (15) was by koshuis. Hy is ‘n leerder by die Hoër Tegniese Skool Eden.
Wayne werk al etlike jare by die Caltex-vulstasie in Wilderness en is in dié omgewing ook welbekend.
Om dinge nog erger te maak het die gesin verlede jaar gebuk gegaan onder 'n kitsvloed wat op Maandag 22 November in George uitgesak het.
Die vloed het hulle huis onder water gelaat en groot skade aan kombuistoestelle aangerig. Verskeie ander huise in George-Suid en die res van George, is ook beskadig.
Die gesin het alles in die brand verloor en letterlik gevlug met die klere aan hul lywe.
Die Byron-gesin se woning. Laingstraat 49, het erge skade tydens die brand opgedoen. Foto: Michelle Pienaar
Enigiemand wat enige donasies wil maak, of iets wil skenk, kan dit by Jawitz Properties in Wilderness afgee.
Buiten huisware, toiletware, kruideniersware, skooltasse, -klere en skryfbehoeftes, word klere in die volgende groottes benodig: Medium mans hemde, tops en baadjies, 32 mansbroeke en nommer nege en elf mansskoene vir Wayne en Alexander.
Klein vroue klere en nommer vyf skoene, medium grootte klere, asook grootte 12 tot 13 seunsklere en nommer vyf skoene vir Michael.
Die gesin het ook vier honde en vyf katte wat hulle vir eers by die DBV moes afgee tot hulle ander heenkome gevind het. Enige donasies vir dié diere kan by die DBV of in Wilderness afgegee word.
The Byron family from Laing Street in George South lost almost all their possessions when their house was engulfed in flames on Monday evening, 24 October. The cause of the fire is still unknown at this stage. Wayne Byron (46), was at home with his wife, Gaby (46) and their two sons, Alexander (15) and Michael (12), when the fire started. Wayne has been working at the Caltex filling station in Wilderness for several years and is also well known in this area. To make matters worse, the family suffered last year from a flash flood that hit George on Monday 22 November. Any donations towards the family, clothes, toiletries, pet food for their dogs and cats, groceries or money, can be dropped off at Jawitz Properties in Wilderness.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'