Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Dinge gebeur by George se eie July. Die geleentheid by die George Riding Club is geskoei op die tradisionele July-perdewedren wat elke jaar in Durban plaasvind.
Die enigste verskil is dat "stokperde" gebruik word en nie regte perde.
Alles is vir 'n goeie doel en geld wat ingesamel word is ten bate van die Seven Passes Initiative.
Beurtkrag het om 14:00 ingeskop maar dit demp nie die geesdrif.
Aanwesiges geniet ook die heerlike weer.
VIDEO - Een van George se "July" wedrenne word kort gelede (Video: Eugene Gunning).
VIDEO - Wilmi Dippenaar gesels met die George Herald (Video: Eugene Gunning).
Gesondheid! Gunther Schultz (links),Kathryn Verhagen,Lorraine Verhagen,Chris Kritzinger en Aubrey Kritzinger.
Kelly Peeters en Brad Savage van Third Generation woon die geleentheid by en is reg vir later vanmiddag se groot rugby. Fotos:Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'