Gallery
GEORGE NUUS - Lentedag was 'n dag vol pret en plesier vir kleuters van Trippel Toontjies-speelskool. Go George-busdiens se gelukbringer, "Georgie", het vir die skool kom kuier en meer vertel van busvervoer.
Boonop het elke klas deelgeneem aan 'n Crazy Spring Hat Day-kompetisie vir dié spesiale dag. Kinders het met allerlei kleurvolle skeppings skool toe gekom.
Leigh-Chay Lombaard (5) was die wenner van die dag met haar pragtige lentehoed wat herinner aan 'n skepping deur die karakter Willy Wonka van "Charly and the Chocolate Factory".
FOTOGALERY: Lentedag by Trippel Toontjies Speelskool
Hulle het sommer baie oor busse en vervoer geleer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'