Michael is die trotse eienaar van die eerste tuin wat ingeskryf is vir die Blanco-tuinmaak-kompetisie wat deur die Kos en Fynbos-beweging georganiseer word om die beste tuine vir Blanco te identifiseer. Michael kweek die laaste 10 jaar lank reeds groente. Sy tuin strek vanaf sy agterdeur tot teen 'n handgemaakte heining rondom sy erf wat aan die kerk grens.
Op die ongeveer 10 by 10 meter ruimte groei boontjies, pampoen, kool, tamaties, spinasie, wortels en 'n verskeidenheid kruie. Michael vertel dat hy glad nie bekommerd is oor die slakke wat algemeen in tuine aangetref word nie. Wanneer ons in gesonde verhouding met die natuur en kosbronne staan, skep ons die omstandighede vir die samelewing en ekonomie om op 'n volhoubare grondslag te vorder. Sulke tipe vooruitgang lê ook na aan die hart van Neil ('Heuningman') Dikwex wat namens die Khora!Gom Inheemse Kultuur-organisasie aansluit by Michael se siening.
Khora!Gom, 'n Khoi-Khoi-term wat beteken 'om te glo in die oes en dit styf vas te hou' is sterk ten gunste van 'n Kos en Fynbos-beweging. Volgens Carelse is die bevordering van die gemeenskap se kennis oor hoe om die aarde se hulpbronne verantwoordelik aan te wend krities tot die verbetering van ons almal se lewenskwaliteit. Dit moet ook gepaardgaan met die aanwending van waardevolle inheemse kennis wat dreig om verlore te gaan. Aan die einde van die dag moet almal eet en het geld geen waarde wanneer ons uit pas met die omgewing binne 'n ongesonde gemeenskap leef nie.
Neil meen dat wanneer groentekweek deel uitmaak van kruie, fynbos en inheemse bome in die uitleg van jou tuin, het jy onmiddellik 'n apteek waar die gemeenskap medisyne kan kom haal, maar wat ook die insekte en bye nooi om terug te keer. Die Outeniqua, die oorspronklike inwoners van hierdie omgewing is nie verniet die 'volk van heuningversamelaars' nie - en volgens inheemse legende bring die bye geluk - iets wat niemand kan wegwys nie.
Die ervaring van inwoners soos Michael en seining van kultuurhistoriese organisasies soos Khora!Gom dui op 'n groeiende bewust-heid wêreldwyd dat kos - wat ons eet, wat ons koop of kweek, en ons ekonomiese aktiwiteit om "daaglikse brood" te verdien - 'n sentrale beginpunt is vir dringende gesprekke en aksies om onsself te buffer teen 'n onseker toekoms.
Opvoeding is slegs een van vele aspekte wat Kos en Fynbos sal uitlig in opvolgende artikels oor hierdie beweging om voedselseku-riteit te bevorder.
Tuinmakers in Blanco word aangemoedig om in te skryf. Daar is tans reeds sowat 20 inskrywings. Vir meer inligting oor Kos en Fynbos, skakel Chris Godfrey by 083 500 3090.
Michael by die 16 sitrusbome wat uitgedeel word onder die eerste 16 inskrywings vir die tuinkompetisie. Foto: Christine Ridge-Schnaufer
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'