GEORGE NUUS – ’n Gebarste waterpyp in die George-hofgebou het die afgelope week glo hofverrigtinge ernstig ontwrig.
Sake word sedertdien glo net uitgestel en tans onder in die gebou se kelderverdieping hanteer.
Volgens beskikbare inligting sal normale verrigtinge hervat word sodra die pyp herstel is – hopelik teen Maandag. Tot dan word sekere veiligheidsmaatreëls toegepas.
In die tussentyd word net uitstelle aangehoor in die kelderverdieping, wat beperkte fasiliteite het.
Belangstellendes en beskuldigdes wat nie in aanhouding is nie, moet buite by die George-polisiekantoor se hek aanmeld om toegang te kry. 'n Gebarste waterpyp is die oorsaak van die ontwrigting.
Die voorkant van die hofgebou is gesluit. ‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’