GEORGE NUUS - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied op Saterdagoggend, 1 November, die eerste Koppie vir Kansa sedert die Covid 19-pandemie aan en nooi vroue uit om as gasvroue by die geleentheid betrokke te raak.
"Dit beloof om 'n spoggeleentheid te wees, propvol inspirasie, musiek, sang en dans, heerlike verversings en die kosbare geselskap van pragtige vroue en vriendinne," sê Rita Marx, die hooforganiseerder.
"Om die oggend nog meer spesiaal te maak, benodig ons gasvroue vir tafels van agt tot 10 vriendinne of gaste."
Die tee word gehou in die Eden-gemeente se ouditorium in Knysnaweg en die tema is, High Tea in Paris.
Hierdie geleentheid stel die Kankervereniging in staat om fondse te genereer en sodoende dienslewering uit te brei.
Vir meer besonderhede, kontak Rita Marx by 083 564 7341 of 083 929 0434.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’